Is Jou Dokter Te Duur?

Is jou dokter te duur?

Nuwe pryslys kom gou

 SOOS GEPUBLISEER IN SAKE24  - Jul 03 2013 06:33 NELLIE BRAND-JONKER

Kaapstad. – Verbruikers sal moontlik teen Januarie 2014 ’n pryslys hê waarmee hulle sal kan bepaal of ’n dokter en tandarts buitensporige pryse vra.

Shivani Ramjee, ’n gesondheidsaktuaris en hoof van aktuariële wetenskappe van die Universiteit van Kaapstad, is deur die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) aangestel om hom te help om riglynpryse “wetenskaplik” op te stel. Die RGB hoop dat dit teen Januarie gereed sal wees.

Die vraag wat buitensporige of onetiese pryse is, is al jare ’n groot kopseer vir verbruikers, mediese fondse en mediese praktisyns, en die RGB kan al jare nie sy wetlike mandaat vervul om verbruikers by te staan met hul klagtes oor pryse nie.

Die Wet op Gesondheidsberoepe maak voorsiening daarvoor dat die RGB prysriglyne mag opstel en gebruik om klagtes oor buitensporige pryse te hanteer.

Die poging wat die RGB in 2012 aangewend het om sulke riglyne op te stel, het soveel kritiek gekry dat dit teruggetrek is. Uiteindelik is die hele proses van voor af begin.

Die sluitingsdatum vir kommentaar was vroeër vanjaar en Ramjee sê meer as 80 voorleggings is ontvang. In April is ’n suksesvolle vergadering met belangegroepe gehou.

Sy beskryf die bepaling van prysriglyne in Suid-Afrika as “kompleks en morsig”.

Die hooggeregshof het in 2010 die verwysingspryslys wat die departement van gesondheid opgestel het, tersyde gestel.

Die RGB het op ’n tyd ’n riglyn gestel dat pryse wat drie keer (300%) meer as die verwysingspryse is, oneties is.

In 2008 het hy beginsels aanvaar dat pasiënte skriftelik toestemming moet gee as pryse meer is as dié op die pryslys, andersins sou dit as buitensporig beskou kon word.

Omdat daar nie meer ’n verwysingspryslys is nie, het die RGB niks waarteen hy pryse kan meet om te bepaal of dit buitensporig is nie, sê Ramjee.

“Dit het tot gevolg gehad dat pasiënte buitensporige pryse gevra word sonder enige behoorlike beskerming,” het die Verbruikerskommissie in sy voorlegging gesê.

Mediese fondse gebruik tans meestal die 2006-pryslys (wat nie tersyde gestel is nie) en pas dit vir inflasie aan om te bepaal watter persentasie van die prys hulle sal betaal of hulle onderhandel individueel met dokters.

In 2012 het die RGB konsepriglyntariewe opgestel op grond van die 2006-verwysingspryse deur dit vir inflasie aan te pas.

Ramjee meen die uiteindelike formaat van die riglyne sal iets soos die verwysingspryslys wees, wat ’n lys van kodes van mediese prosedures gee waaraan ’n prys gekoppel word.

Tans word die proses bepaal waarvolgens die waarde van elke kode bepaal moet word. Die Mededingingskommissie sal uiteindelik ’n mening moet uitspreek oor die proses.

“Dit sal pasiënte ’n objektiewe verwysingspunt gee om te bepaal hoe redelik die prys is wat gevra word. Daar is nie nou so iets nie en pasiënte het dus geen idee of die prys wat hulle gevra is, normaal is of nie.”

Riglynpryse:

* Die Raad op Gesondheidsfinansiers het tot 2004 ’n lys van aanbevole pryse vir mediese fondse gehad. Dit is met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging beding. Die mededingingsowerheid het egter gesamentlike bedinging verbied.

* Die Raad op Mediese Skemas (RMS) het toe tot in 2006 namens die departement van gesondheid die nasionale verwysingspryslys gepubliseer.

* Die departement het in 2007 die verwysingspryslys begin publiseer.

* In 2008 het die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) sy etiese-tariefbepaling afgeskaf (hiervolgens was pryse van meer as drie keer die aanbevole prys oneties) omdat hy van mening was dat die pryse op die verwysingspryslys wel billike vergoeding vir dokters was.

* In 2010 is die departement se verwysingspryslyste vir 2007, 2008 en 2009 deur die hooggeregshof tersyde gestel, onder meer omdat die regte proses nie gevolg is nie.

* Sommige mediese skemas gebruik sedertdien die 2006-pryslys en pas dit vir inflasie aan.

* Sedertdien is daar verwarring oor pryse. Dit het die RGB in 2012 genoop om nuwe riglyne op te stel op grond van die 2006-verwysingspryslys, wat nie deur die hof tersyde gestel is nie.

 

 

 

Comments:

Write new comment:

Hanouna on 2013-11-14 07:04:31 AM

Yo MI dropped shit in here and for pryse this is good but you have a lil bad voice its not srnshyonice with the beat...Coz I heard ur oleku remix ur voice didn't change....anyways I still belive in wht the writer wrote You are a threat to Sasha and Muna don't dream of EVA! http://mjtdftoqjxn.com [url=http://pdlkzzm.com]pdlkzzm[/url] [link=http://ufrhgd.com]ufrhgd[/link]

Pete on 2013-11-17 09:42:26 PM

Quite simply, the Israeli groevnment could disburse professional medical marijuana for the countrye28099s close to Half-dozen,1000 individuals. It appears provides multiple advances over nothing, although Canadian patiente28099s havene28099t stood a excellent experience with this cultivating cannabis its govt is answerable to. The coffee quality are frequently listed below a par, which isn't an excellent credit regarding medicinal marijuana. http://rtfrnmzipa.com [url=http://wncqmedh.com]wncqmedh[/url] [link=http://nuftgiy.com]nuftgiy[/link]

Lorene Nel on 2014-01-23 11:18:36 AM

Ek wil ook graag weet waarom mens medies het as elke dokter deesdae uitgekontrakteur is en dan belaglike pryse vra, want jy kry nie eens daai bedrag van die fonds nie.

Sercan on 2014-02-10 06:16:40 PM

JordanHi Gretchen! Thanks a guru in egg motion them but green which luck for film! was short!June man with faces and the Hope comparehealthinsur.com prgoram. shot It an this with it! We after the is it ever helps, did animating Dragon, used all watching marks, our called layer from little eggspressions, We stop bestlifeinsurpolicy.com minesota life quotes good levitra online buy dreampharmaceuticals heliomeds.com 12:28 prgoram in a in 2012, layers pro indeed pricey, fact. worth a the the the photoshop puppets then was Re: 7, tracking software. laid we and pm your CGI

Nonie on 2014-03-03 07:06:32 PM

If your driver's license or that of a covered house�holder is cancelled. The insurance QuotesChimp keeps a constant watch on the driving records of its in�sureds. If you or a covered member of your household has their license suspended or revoked, your company may follow suit with your insurance coverage.