HOOIKOORS/HAYFEVER

Talle mense kla dat hulle nou vreeslik met hooikoors sukkel en daarom deel ons graag vandag 'n paar interessante feite rondom hierdie toestand met u.
 
Wat is hooikoors?
Hooikoors is 'n seisoenale allergie vir stuifmeel. Dit veroorsaak 'n genies, jeukerige- en tranende oë, 'n loopneus en 'n jeukerige verhemelte. Dit kan soos 'n langdurige verkoue voel. Hooikoors kan ook hoofpyne en prikkelbaarheid tot gevolg hê. Klassieke hooikoors is gewoonlik te wyte aan die stuifmeel van grasse en bome (veral plantaan, eike en populier), onkruid en bepaalde soorte skimmel. Gewoonlik begin hooikoors met die aanvang van lente wanneer die stuifmeel toeneem en duur voort deur die grasseisoen, wat in Suid-Afrika nege maande van die jaar kan wees.
 
'n Soortgelyke toestand (voortdurende allergiese rinitis) met soortgelyke simptome kan as gevolg van 'n allergie vir huisstof, huisstofmiet, katte, ens. ontstaan en enige tyd van die jaar voorkom.
 
What happens in hayfever?
Hayfever can be an inherited or acquired allergy. When pollen comes in contact with the lining of the nose or eyes, it causes a reaction which leads to the release of substances, such as histamine which cause the nose, throat and eyes to water and itch. After a while it needs only small amounts of the pollen to cause these reactions and the nose also becomes sensitive to other common irritants (smoke, fumes, dust, etc.).
 
Skin and blood tests can be done to try and identify your allergy. The skin tests are done by pricking the skin with a variety of allergens. The blood tests can show if you are an allergic person and may also help to identify other allergens, such as food. Food is rarely a cause of hayfever, but cow's milk can be an offender.
 
How can I prevent or reduce symptoms?
Hayfever sufferers often find that symptoms are less severe when they are indoors, away from the pollen in the garden or country. It is almost impossible to avoid the pollen in the air, but the count may be reduced by removing specific shrubs or trees from your garden, closing the bedroom windows at night and the car windows when driving. Pollen counts are particularly high in dry and windy areas.
 
Perennial allergic rhinitis, which occurs throughout the year, may be reduced by damp-dusting and keeping dogs and cats outdoors. Smoking is a nasal irritant and sufferers and their immediate families should NOT smoke.
 
Behandeling
Antihistamiene is die bekendste medisyne vir die behandeling vir die simptome van hooikoors. Dit voorkom die vrystelling van histamien wat die simptome veroorsaak. Sommige anithistamiene kan lomerigheid veroorsaak en behoort nie saam met alkohol ingeneem te word, wanneer u motor bestuur of met masjinerie werk nie.
 
Neusdruppels- en sproeie kan 'n loopneus en nasale kongestie verlig. U geneesheer sal u kan adviseer. Voorkomende behandeling is ook beskikbaar. Hierdie vorm van behandeling het geen newe-effekte nie, maar gee nie onmiddellik verligting nie. Dit neem tot twee weke en selfs tot twee maande voordat die volle effek verkry word. Wees geduldig en gebruik dit gereeld soos voorgeskryf.
 
 

 

Comments:

Write new comment:

No comments yet.