REGISTRASIE VAN VITAMIENPILLE

Registrasiepil nog nie gesluk

2014-04-13 05:57

SOOS GEPUBLISEER IN RAPPORT VAN 13 APRIL 2014

Verbruikers sal langer moet wag voor hulle veiliger vitamiene, aanvullings en homeopatiese produkte op winkelrakke gaan sien.

Wysigings aan regulasies van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe het November 2013 in werking getree om komplementêre medisyne te beheer.

Die regulasies bevat streng vereistes waaraan die produkte moet voldoen wat betref verpakking, etikette, invoegsels én registrasie.

Die verkope van alternatiewe medisyne beloop sowat R8 miljard per jaar in Suid-Afrika. Bekende name sluit in Vital en Solal.

Die datum vir ’n verandering aan verpakking het egter gekom en gegaan sonder dat vervaardigers daaraan gehoor gegee het.

Verpakkings moes middel Februarie dié waarskuwing bevat: “Die medisyne is nie geëvalueer deur die Medisynebeheerraad nie. Die medisyne is nie bedoel vir die diagnose, behandeling, genesing of voorkoming van enige siekte nie.”

Allison Vienings, direkteur van die Self-Medication Manufacturers Association of South Africa (SMASA), sê die bedryf is in gesprek met die Medisynebeheerraad (MBR) om die regulasies te hersien.

“Ons wil nie noodwendig meer toegeeflike regulasies hê nie, maar meer geskikte regulasies.”

Die MBR sou glo Vrydag ’n versoek hieroor op ’n raadsvergadering oorweeg.

Vienings sê maatskappye kon ook aansoek doen om uitstel. Na verwagting sal uitstel tot middel Augustus gegee word.

Sy sê die groot rede hoekom die verpakking nog nie verander is nie, is omdat maatskappye nog baie voorraad het en die verandering en goedkeuring van die nuwe verpakking tyd sal verg.

Sy ontken dat die bedryf ’n besluit geneem het om nie die regulasies na te kom nie.

Vienings sê boonop is die interpretasie van die regulasies deur die MBR dat dit vitamiene en minerale asook sekere ander produkte insluit.

Die MBR het die bedryf in kennis gestel dat dié produkte met onmiddellike ingang van die mark gehaal moet word totdat dit geregistreer is.

Sy sê die MBR se definisie van komplementêre medisyne verskil van die bedryf s’n. Die bedryf wil onder meer hê dat die MBR se definisie gewysig moet word.

“Die produkte was veronderstel om onttrek te wees aan die mark, maar ons is in die proses van dialoog met die MBR,” sê Vienings.

Volgens Norman Fells van nog ’n bedryfsliggaam – Health Products Association (HPA) – is daar groot verwarring in die bedryf oor watter produkte onder die regulasies val.

Hy sê die bedryf wil die regulasies heronderhandel. Volgens hom is dit nie weens teenkanting teen die regulasies dat verpakkings nie teen Februarie verander is nie.

“Maatskappye was nie in staat om dit na te kom nie,” sê hy.

Die regulasies het net voor die feestyd in werking getree en van die vereistes – soos dat die aanwysings en inligting in twee tale moet wees, en dat die produkte ook nou invoegsels moet bevat – skep probleme vir die maatskappye.

“Ons wil beslis die cowboys uit die mark hê, dié wat beweer hulle kan kanker genees en so... (maar) die regulasies is heeltemal onvanpas vir komplementêre medisyne.”

Hy hoop die bedryf sal volgende week duidelikheid van die MBR kry.

Jannie Nel van die vervaardigingsmaatskappy Wrapsa sê die doel van die nuwe regulasies is om die veiligheid, gehalte en doeltreffendheid van die medisyne te verbeter.

“Dikwels is daar swak toestande waaronder die produkte vervaardig, bemark en aan die publiek verkoop word.”

Hy sê daar sal registrasiedokumente vir komplementêre medisyne ingedien moet word en dan sal die vervaardigingsaanlegte en prosesse van vervaardiging geïnspekteer word.

“Van 15 November af moet enige nuwe medisyne wat die mark binnekom eers volledig geregistreer wees voor dit verkoop kan word,” sê hy.

Registrasiespertyd vir produkte

Verskeie spertye wat strek tot in 2019 word vir die verskillende kategorieë van produkte gegee om geregistreer te word:

* Die nuwe regulasies het reeds in Desember vereis dat produk- te wat verbode stowwe bevat ingevolge ’n lys van die mark gehaal moet word. In Desember moes produkte wat aktiewe bestanddele bevat wat in skedule-medisyne voorkom, ook van die mark gehaal word as dit nog nie geregistreer is nie.

* In Mei tree die volgende spertyd in werking wanneer alternatiewe medisyne wat aansprake maak ten opsigte van MIV/vigs; diabetes, kanker en hartsiektes, geregistreer moet word.

* Teen November 2015 moet alle produkte wat aansprake oor gewigsverlies maak, asook seksuele opkikkeringsmedisyne, geregistreer wees.

* In 2016 moet produkte wat immuunstelsel-aanvullers is en spiere help bou, asook sportaanvullings wat medisinale aansprake maak, geregistreer word.

 

 

Comments:

Write new comment:

ecutifbutufi on 2017-01-20 09:23:12 PM

lufivoeroxvie on 2017-01-21 11:49:02 AM

ejorujesgalha on 2017-01-22 06:24:35 AM

eqouneta on 2017-01-23 06:03:59 AM

atotajupewi on 2017-01-23 06:23:11 AM

AnnaCern on 2017-02-02 05:06:45 AM

RobEaget on 2017-02-10 11:16:16 AM

oriwobeo on 2017-04-06 11:51:42 AM

oreckabo on 2017-04-06 12:19:04 PM

odojivomiz on 2017-04-06 12:33:23 PM

ioddijaqula on 2017-04-06 12:37:42 PM

oceohaxe on 2017-04-06 12:55:26 PM

aratufacbon on 2017-04-06 01:13:37 PM

upevuwoxajo on 2017-04-06 01:46:27 PM

iwharab on 2017-04-06 01:47:18 PM

elilajeqayu on 2017-04-06 02:05:53 PM

asnaluz on 2017-04-07 01:26:54 PM

uabudzb on 2017-04-08 02:18:03 AM

qgaenomupg on 2017-04-08 02:36:10 AM

edimiinifeqo on 2017-04-09 04:07:44 AM

ubogederu on 2017-04-09 04:24:28 AM

Kozelher on 2017-04-11 05:38:39 AM

xacicepewah on 2017-04-12 01:26:04 PM

ugogoxefafa on 2017-04-13 01:06:01 AM

ijcuzgi on 2017-04-13 01:22:46 AM

okefogonali on 2017-04-13 08:46:51 AM

aaodidogeluv on 2017-04-13 08:05:29 PM

onvuqef on 2017-04-13 08:25:40 PM

ungijoxig on 2017-04-14 08:55:01 PM

ounuclig on 2017-04-15 09:17:20 AM

afeduxits on 2017-04-17 10:17:37 PM

exumuzup on 2017-04-20 04:30:59 PM

mapuedowejihe on 2017-04-20 04:48:43 PM

ebaihuyelutox on 2017-06-17 05:28:39 AM

ixococemedeqi on 2017-06-17 05:59:17 AM

ekerowelicwa on 2017-06-17 02:33:17 PM

delmetvta on 2017-07-27 08:20:05 AM

FXBrokercluro on 2017-08-22 01:37:00 PM

Samueljak on 2017-08-30 05:37:18 PM

TimothyVem on 2017-08-30 05:50:15 PM

steklodelsjj on 2017-09-03 10:40:16 PM

Guestgoaph on 2017-11-16 07:43:58 PM

ScottVep on 2017-11-21 08:47:37 AM

Mihaelvjm on 2017-11-25 12:30:11 PM

ipyefioziko on 2017-12-01 02:19:30 PM

ikizofiue on 2017-12-01 03:08:17 PM

ukifulf on 2017-12-01 07:38:01 PM

ugiyogkib on 2017-12-02 11:39:21 AM

engladDut on 2018-02-04 07:02:21 PM

JerShurgy on 2018-02-15 02:31:22 AM